Fina verbied transgender vroue wat na 12 oorgang gemaak het

Die internasionale beheerliggaam, Fina, verbied transgender vroue wat deur manlike puberteit gegaan het om in vroue-spanne deel te neem. Die verbod volg op ‘n nuwe inklusiewe geslagsbeleid, waarvoor 71,5 persent van Fina se lede gestem het. Dié beleid laat swemmers wat voor die ouderdom van 12 van geslag verander het toe om in vroue-spanne mee te ding. Fina sê hy wil ‘n oop kategorie by kompetisies skep vir swemmers wie se geslags-identiteit anders is as hul geslag met geboorte.