#StopFakeGreen-veldtog van stapel gestuur

Die Wêreldnatuurfonds en ander omgewingsorganisasies het die veldtog #StopFakeGreen van stapel gestuur. Dit kom te midde van die Europese Unie se aanvaarding van ‘n lys groen beleggings as deel van dié organisasie se nuwe beleggingsgids, die Europese Unie se Taksonomie. Lede van die Europese Parlement het egter fossielgas en kernkrag as omgewings-volhoubaar verwerp. Volgens die fonds is dit ‘n uiters positiewe stap, aangesien die finale stemming beplan word vir die Europese Parlement se gesamentlike sitting in die eerste week van Julie.