SA se beleid oor tale in howe moet hersien word

Regstaalkenners sê die Wet op Regspraktyke en die Regspraktykraad het versuim om die taalfaktor in hofkommunikasie in ag te neem. Dit volg na advokaat Teffo Malesela se gesukkel met Engels tydens die Senzo Meyiwa moordverhoor. Regstaalkenners sê moedertale moet in howe vir beter kommunikasie toegelaat word. ‘n Navorser in Forensiese Linguistiek en die Reg by die Universiteit van die Wes-Kaap, Zakeera Docrat, sê beleid oor praktiese kommunikasie in die hof moet hersien word: