Inkrimping van ekonomie was te wagte – Yelland

Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sê ʼn resessie is nie onafwendbaar nie, maar inflasie is onaanvaarbaar hoog. Die Amerikaanse Federale Reserwe het sy hoofrentekoers verlede week met 0,75 persentasiepunte verhoog, die eerste verhoging sedert 1994. Dit het ook die weg gebaan vir ʼn baie strenger monetêre beleid in die korttermyn. Amptenare verwag koerse sal volgende jaar tot 3,8 persent styg. Yellen sê inflasie word deur wêreldwye faktore aangedryf en nie deur plaaslike faktore nie, en dis onwaarskynlik dat hierdie faktore binnekort die wyk gaan neem: