Toerisme-forum aan die kus geloods

Die nasionale volhoubare toerisme-groei en –ontwikkelingstrategie is aan die kus geloods. Die strategie bring die rolspelers, wat die regering insluit, bymekaar om toerisme op ‘n volhoubare manier te laat herleef en oorleef. Die forum wat die strategie sal dryf is op Swakopmund van stapel gestuur en die Erongo-goewerneur Neville Andre het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Batohi moet staatskapers onmiddellik vervolg

ActionSA het aan die nasionale direkteur van openbare vervolgings, Shamila Batohi, geskryf en gevra dat vordering gemaak word met die sake wat in die staatskapingsverslag genoem word. Die party se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê dis byna vier jaar later, met ‘n verslag van meer as vyfduisend bladsye en meer as ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand se […]

Read More

Lewenslank vir Parys-aanvaller

Die enigste oorlewende djihad-vegter van die aanvalle in Parys in November 2015, Salah Abdeslam, is skuldig bevind aan moord en tot lewenslange tronkstraf sonder parool gevonnis. Die aanvalle waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het, het 130 lewens geëis terwyl 494 gewond is. Dit het reg oor die Franse hoofstad plaasgevind by kroeë, restaurante, ‘n konsertsaal en buite […]

Read More

Piquet vra Hamilton om verskoning

Die gewese driemalige wêreldkampioen, Nelson Piquet, het die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton verskoning gevra vir die taal wat hy verlede jaar in ‘n Brasiliaanse aanlyn-uitsending gebruik het. Die 69-jarige renjaer het na bewering ‘n aanstootlike term gebruik om na Hamilton te verwys. Piquet sê sy opmerkings was ondeurdag, maar hou vol dis nie rassisties bedoel nie. Hy sê hy verwerp enige […]

Read More

Kankervereniging hou prostaatkanker-kliniek volgende week

Die Namibiese Kankervereniging nooi alle mans bo die ouderdom van 40 jaar uit om vanaf 5 Julie by hulle prostaatkanker-kliniek aan te sluit. Die koste beloop 100 dollar en met ‘n kolesteroltoets, 150 dollar. Volgens Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, word prostaatkanker jaarliks ‘n groter uitdaging in die land.

Read More

IPC kondig besparingsmaatreëls aan

Die Independent Patriots for Change het alle nie-noodsaaklike reise vir hulle raadslede opgeskort. Luidens ‘n media verklaring mag hulle geensins vertroudheidsreise onderneem nie en mag ook nie reis om expo’s by te woon nie of ooreenkomste te onderteken nie. Die party se 72 raadslede mag net reis om vergaderings wat deur die ministerie van stedelike ontwikkeling gereël is of, vergaderings wat handel oor dienslewering. […]

Read More

Kuberkrakers woeker in SA

Die Inligtingsreguleerder in Suid-Afrika het ‘n aansienlike styging opgemerk in data-inbrake regoor die land. Kubermisdaad vier die afgelope paar jaar hoogty. Die reguleerder is bekommerd omdat dit gebeur op die hoogste korporatiewe vlak. Dit sluit Shoprite, TransUnion en Transnet in. Mfana Gwala van die reguleerder sê in sommige gevalle gebeur die inbrake weens maatskappye se […]

Read More

Argentinië se koringoes sal laer inkom

Argentinië se belangrikste graanbeurse, Buenos Aires en Rosario, het hulle skatting vir die saai van koring verlaag en waarsku nog dalings kan voorkom as die weer nie verbeter nie. Argentinië het in die 2021-2022-koringseisoen ‘n rekord 22,4 miljoen ton behaal. Rusland en Oekraïne is twee groot koringuitvoerders en die oorlog tussen dié twee lande het egter pryse […]

Read More

Kunste in Namibië kort meer ondersteuning

Kunste het gebuk gegaan onder die inperkings wat deur die Covid-pandemie aangedryf is. Daar is nou, volgens rolspelers in die industrie, nog minder ondersteuning as tydens die pandemie. Die voorsitter van die Nasionale Kunsteraad Patrick Sam, sê daar is ‘n gaping wat oorbrug moet word.

Read More

Bespiegeling oor tienersterftes irriteer Oos-Kaapse polisile

Die polisiebestuur in die Oos-Kaap sê hulle is bekommerd oor mediaberigte wat bespiegel oor die oorsaak van 21 tieners se dood by ‘n taverne in Oos-Londen. Die kinders tussen 13- en 17-jaar oud is Sondagoggend vroeg dood verklaar by die Enyobeni-taverne in Scenery Park. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê ná ‘n ondersoek in die taverne […]

Read More