Argentinië se koringoes sal laer inkom

Argentinië se belangrikste graanbeurse, Buenos Aires en Rosario, het hulle skatting vir die saai van koring verlaag en waarsku nog dalings kan voorkom as die weer nie verbeter nie. Argentinië het in die 2021-2022-koringseisoen ‘n rekord 22,4 miljoen ton behaal. Rusland en Oekraïne is twee groot koringuitvoerders en die oorlog tussen dié twee lande het egter pryse die hoogte laat inskiet. Rosario se hoof-akkerboukundige, Cristian Russo, sê hulle skat vanjaar se oes sal hoogstens 18,5 miljoen ton lewer.