Elena Rybanka is Wimbledon-vrouekampioen

Afrika se hoop om sy eerste vroue-tenniskampioen op Wimbledon op te lewer, is verpletter. Kazakstan se 23-jarige Elena Rybanka is vanjaar se Wimbledonse vroue-tenniskampioen. Sy het die derde gekeurde Tunisiër Ons Jabeur op die hoofbaan van Wimbledon in die eindstryd met 3-6, 6-2 en 6-2 in 108 minute geklop. Dit is Rybanka, wat 17de gekeur […]

Read More

Elf verdagtes vas oor stropery in Etosha

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat elf verdagtes in verband met die onlangse stropery van 12 swartrenosters in die Etosha Nasionale Park in hegtenis geneem is. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, is beslag ook op twee voertuie, vyf gewere, ammunisie, byle, messe en kontant van 50 000 Namibiese dollar gelê. Die elf […]

Read More

Eskom stel vandag fase 3-beurtkrag in

Eskom het bekendgemaak fase 3-beurtkrag sal vandag van sewe-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag van krag wees. Daarna sal dit oorskakel na fase 4 tot om middernag en dan verminder tot fase 2 tot vyf-uur môreoggend, waarna fase 4 weer van krag sal wees. Eskom sal enige veranderings aankondig en instel, soos dit nodig mag wees. […]

Read More

Sri Lanka se President gaan uittree

Sri Lanka se parlementêre speaker, Mahinda Yapa Abeywardena, het laat Saterdag aangekondig President Gotabaya Rajapaksa beplan om Woensdag uit sy amp te tree om ‘n vreedsame oorgawe van mag te verseker. Openbare woede neem toe oor Sri Lanka se ergste ekonomiese krisis in sewe dekades. Duisende betogers het by Rajapaksa se woning ingebreek. Ure later […]

Read More

Wallis skok Bokke in Bloemfontein

Wallis het Saterdagaand ‘n geskiedkundige eerste oorwinning oor die Springbokke op Suid-Afrikaanse bodem gemaak. Die Rooi Drake het vergoed vir hul teleurstelling in Pretoria verlede week deur ‘n onervare en onbeproefde Bok-span met 13-12 te klop. Dit nadat hulle halfpad deur die tweede helfte met 3-12 agter was. Die vleuel Josh Adams het met enkele […]

Read More

Internasionaal bekende Namibiese mode-ontwerper sterf in Windhoek

Die bekende Namibiese mode-ontwerper, die 69-jarige Cynthia Schimming, is vanoggend in ‘n Windhoekse hospitaal oorlede nadat sy onlangs met kanker gediagnoseer is. Haar heengaan is deur die familie-woordvoerder Afra Schimming-Chase bevestig. Wyle Schimming was ‘n internasionaal bekende mode-ontwerper en die kostuum-ontwerper van plaaslike en internasionale rolprente, asook vir die toneelstuk Hereroland in die Thalia-teater in […]

Read More

Twee Namibiese mans betrap wat deur Oranjerivier na SA swem

Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem nadat hulle die Oranjerivier by Onseepkans tussen Namibië en Suid-Afrika glo onwettig oorgesteek en teëspoed opgetel het. Vier mans het glo probeer om van Namibië af deur die Oranjerivier te swem, maar het in die moeilikheid beland. Die polisie se reddingspan van Kimberley is ontbied en hulle is […]

Read More

Duisende betogers in Sri Lanka bestorm presidensiële woning

Duisende betogers in Sri Lanka het vandag by President Gotabaya Rajapaksa se amptelike woning en sekretariaat in die stad Colombo bestorm. Betogings oor die ekonomiese krisis in die land duur reeds maande lank. Van die betogers het deur die hekke van die presidensiële sekretariaat gebreek en gedreunsing dat Rajapaksa moet bedank. Hy het egter volgens […]

Read More

Rugby: Ierland skok die All Blacks

En Rugby: Ierland het in die tweede toets die All Blacks vandag op die Forsyth Barr-stadion in Dunedin, Nieu-Seeland, geskok met hul hul oorwinning van 23-12. Dit was Ierland se vierde oorwinning in 35 kragmetings oor die All Blacks om die reeks van drie toetse gelykop met 1-1 te laat trek. Dit was boonop die […]

Read More

Longsiekte eis meer as 40 beeste in Noorde

Die Namibiese landbouministerie wil boere en die publiek op hoogte hou van die uitbreking van longsiekte wat onlangs in sommige dele van die noordelike kommunale gebiede opgespoor is. Die ministerie sê in ‘n mediaverklaring dié aansteeklike siekte is nou in verskeie dele van die streke van Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati bevestig. Tot op hede […]

Read More