Lewenslank vir Parys-aanvaller

Die enigste oorlewende djihad-vegter van die aanvalle in Parys in November 2015, Salah Abdeslam, is skuldig bevind aan moord en tot lewenslange tronkstraf sonder parool gevonnis. Die aanvalle waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het, het 130 lewens geëis terwyl 494 gewond is. Dit het reg oor die Franse hoofstad plaasgevind by kroeë, restaurante, ‘n konsertsaal en buite die beroemde Stade de France waar ‘n sokkerwedstryd aan die gang was. Die hof het ook 19 ander mans wat betrokke was skuldig bevind, waarvan ses vermoedelik dood is.