Kunste in Namibië kort meer ondersteuning

Kunste het gebuk gegaan onder die inperkings wat deur die Covid-pandemie aangedryf is. Daar is nou, volgens rolspelers in die industrie, nog minder ondersteuning as tydens die pandemie. Die voorsitter van die Nasionale Kunsteraad Patrick Sam, sê daar is ‘n gaping wat oorbrug moet word.