One SA sê Ramaphosa moet in Britse premier se voetspore volg

Die leier van die One South Africa-beweging, Mmusi Maimane, sê President Cyril Ramaphosa behoort die Britse eerste minister, Boris Johnson, se voorbeeld te volg en onmiddellik gehoor te gee aan oproepe vir sy bedanking. Maimane sê Ramaphosa se bedanking sal bewys die regering is ernstig oor misdaadbestryding. Hy sê verkiesingswette moet gewysig word, aangesien Suid-Afrikaners […]

Read More

Rugby: Gaping tussen Noord en Suid verklein

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, glo die gaping tussen die noordelike en suidelike halfrond word kleiner nadat spanne van die noorde die afgelope naweek skoonskip gemaak het oor die vier Rugbykampioenskap-spanne. Die Springbokke het vir die eerste keer op eie bodem teen Wallis verloor en Ierland het die All Blacks in Dunedin ore aangesit. Engeland […]

Read More

Eskom verwelkom in hegtenisname van oud-werkers van ABB-groep

Eskom verwelkom die inhegtenisneming van twee voormalige werknemers van die ABB-groep en hul gades weens ‘n korrupsiekontrak van 2,2 miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2015 aan Eskom gekoppel is. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê Mohammed Mooidheen en Vernon Pillay word daarvan aangekla dat hulle voordeel getrek het uit onreëlmatige belonings van 8,6 miljoen rand en die […]

Read More

Grensposte van Onseepkans en Rietfontein heropen 

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die grensposte van Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift tussen Suid-Afrika en Namibië heropen het. Die grensposte was sedert 2020 gesluit weens die Covid-pandemie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, sê Sendelingsdrift is egter nie gereed vir onmiddellike heropening nie weens die watervlakke […]

Read More

Eienaar van Enyobeni-taverne aangekla

Die eienaar van die Enyobeni-taverne sal op 19 Augustus in die Oos-Londense landdroshof in die Oos-Kaap verskyn na die dood van 21 tieners in die kuierplek. Die 52-jarige eienaar is in hegtenis geneem saam met twee werknemers van onderskeidelik 33 en 34 jaar oud. Hulle word aangekla van oortreding van die Drankwet. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi […]

Read More

Verdere vertragings met verslae oor Bank of Lisbon-brand

Die DA in Gauteng sê drie brandbestryders het in September 2018 gesterf in die brand in die Bank of Lisbon se gebou in Johannesburg, maar daar is nog verdere vertragings met die bekendmaking van die bevindings van vier ondersoeke. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die premier, David Makhura, moet verskillende staatsinstellings verskeie ondersoeke uitvoer […]

Read More

Kus se toerisme, sake herstel goed

Toerisme tel oral op en so ook in Namibië. Terwyl daar baie klein groepe is wat die land besoek, begin die busse met groot groepe terugkeer. Dit is veral goeie nuus vir die Erongo-streek wat nie net staatmaak op toerisme nie, maar wat ook die langste ingeperk was. Die bekende sakeman aan die kus, Anton […]

Read More

Paratus wen weer teen Stad Windhoek

Die hooggeregshof het die appèl van Stad Windhoek teen Paratus van die hand gewys. Die Stad het in die hoërhof verloor na hy die stadspolisie ontplooi het om Paratus te verhoed om vesel-optiese kabels neer te lê om sy kliënte te diens. Paratus het sukses behaal met ‘n dringende aansoek waarteen die Stad geappelleer het. Die regters Theo Frank, Dave Smuts […]

Read More

Venaani verkies tot ondvervoorsitter van internasionale unie

Die president van die PDM-opposisieparty McHenry Venaani is verkies tot ondervoorsitter van die Internasionale Unie van Demokrate. Die unie is ‘n internasionale alliansie van politieke partye en is gesetel in München, Duitsland. Robert Dirkse PDM se presidensiële woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Cameron se klag teen Cele amptelik ontvang

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ‘n amptelike klagte ontvang van Action Society se hoof van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, na verlede week se onderonsie met die minister van Polisie, Bheki Cele, in Kaapstad. Cameron het ook klagtes van crimen injuria en gewone aanranding teen Cele gelê. Cameron beweer hy is hardhandig uit ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu verwyder. […]

Read More