Kankervereniging hou prostaatkanker-kliniek volgende week

Die Namibiese Kankervereniging nooi alle mans bo die ouderdom van 40 jaar uit om vanaf 5 Julie by hulle prostaatkanker-kliniek aan te sluit. Die koste beloop 100 dollar en met ‘n kolesteroltoets, 150 dollar. Volgens Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, word prostaatkanker jaarliks ‘n groter uitdaging in die land.