Batohi moet staatskapers onmiddellik vervolg

ActionSA het aan die nasionale direkteur van openbare vervolgings, Shamila Batohi, geskryf en gevra dat vordering gemaak word met die sake wat in die staatskapingsverslag genoem word. Die party se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê dis byna vier jaar later, met ‘n verslag van meer as vyfduisend bladsye en meer as ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand se belastingbetalersgeld wat bestee is aan die pynlike maar noodsaaklike ondersoek, maar Suid-Afrikaners het nog geen tasbare gevolge gesien nie. Sy sê die oorlog teen sistemiese korrupsie vereis dringende en vinnige optrede: