Piquet vra Hamilton om verskoning

Die gewese driemalige wêreldkampioen, Nelson Piquet, het die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton verskoning gevra vir die taal wat hy verlede jaar in ‘n Brasiliaanse aanlyn-uitsending gebruik het. Die 69-jarige renjaer het na bewering ‘n aanstootlike term gebruik om na Hamilton te verwys. Piquet sê sy opmerkings was ondeurdag, maar hou vol dis nie rassisties bedoel nie. Hy sê hy verwerp enige voorstel dat die woord wat hy gebruik het, bedoel was om ‘n bestuurder weens sy velkleur te verneder. Piquet sê diskriminasie het geen plek in Formule Een of die samelewing nie.