Hiert jou sexy boom

’n Selfverklaarde “ekoseksueel” het natuurliefde tot die uiterste geneem nadat sy verlief geraak het op ’n eikeboom – wat volgens haar haar met “erotiese energie” vul. 

Sonja Semyonova (45) is ‘n selfverklaarde “ekoseksueel”, gedefinieer deur “Here Come The Ecosexuals” as ‘n persoon wat “die natuur romanties, sensueel en sexy vind” en dikwels “Aarde as hul minnaar” voorstel.  

Die self-intimiteitsgids en “somatiese seksopvoeder in opleiding” het eers na plante begin smag nadat sy in die winter van 2020 na Vancouver-eiland, Brits-Colombia, verhuis het.  

Semyonova, wat ook spesialiseer in “erotiese storievertelling”, sê dat sy ‘n reuse-eikeboom gesien het op haar daaglikse natuurwandelings.  

Die natuurkenner se konneksie het soos ‘n stuk eikehout steeds sterker geword tot die somer van 2021, toe sy erotiese gevoelens vir die magtige hardehout begin ontwikkel het.  

Met die beskrywing van haar sappige romantiese verlange, het Semyonova gesê sy hou van die “gevoel om klein te wees en ondersteun word deur iets so stewig” en “die gevoel om nie te kan val nie”.  

Sy het bygevoeg, “Ek glo dat ons kan baat by ‘n meer simbiotiese verhouding met die natuur.”