Bespiegeling oor tienersterftes irriteer Oos-Kaapse polisile

Die polisiebestuur in die Oos-Kaap sê hulle is bekommerd oor mediaberigte wat bespiegel oor die oorsaak van 21 tieners se dood by ‘n taverne in Oos-Londen. Die kinders tussen 13- en 17-jaar oud is Sondagoggend vroeg dood verklaar by die Enyobeni-taverne in Scenery Park. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê ná ‘n ondersoek in die taverne en lykskouings, is die monsters wat ingesamel is na die forensiese laboratorium gestuur om vir gifstowwe getoets te word: