IPC kondig besparingsmaatreëls aan

Die Independent Patriots for Change het alle nie-noodsaaklike reise vir hulle raadslede opgeskort. Luidens ‘n media verklaring mag hulle geensins vertroudheidsreise onderneem nie en mag ook nie reis om expo’s by te woon nie of ooreenkomste te onderteken nie. Die party se 72 raadslede mag net reis om vergaderings wat deur die ministerie van stedelike ontwikkeling gereël is of, vergaderings wat handel oor dienslewering. Enige raadslid wat nie die opdrag nakom nie, sal herroep word.