Krieket: Dolphins wil Warriors klop

Krieket: Die Dolphins hoop om die vierdag-reeks met vertroue af te skop wanneer hulle van môre op St Georgepark in Gqeberha teen die Warriors te staan kom. Die Durbanse span het onlangs baie na aan ‘n oorwinning gekom in die opwindende eindstryd van die T20-uitdaging, waar hulle teen die Titans verloor het. Kaptein Marques Ackerman […]

Read More

Gelukwensinge stroom in vir Kosmos 94.1 se 21ste bestaansjaar

Kosmos 94.1 vier sy 21ste bestaansjaar. Lof, gelukwensinge en huldeblyke stroom van oraloor in. Dr. Riaan Ekstaan, die eerste Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië ná Onafhanklikheid, wens die stigterslid, Kolie van Coller, en Kosmos 94.1 van harte geluk.  

Read More

Gholf: Namibiese mans- en vrouespanne ding mee in Malaga 

Die 2022 Internasionale Gholf-parespel-toernooi vind tot Vrydag in Malaga, Spanje, plaas waaraan Namibiese gholfspelers deelneem. Dit sal die grootste toernooi in sy geskiedenis wees met wenpare van 38 deelnemende lande. Namibië se mans- en vrouespanne neem deel. Namibiese vroue-gholfspeler Brenda Lens gesels met Kosmos 94.1 Nuus uit Malaga.  

Read More

Namibië woon COP19 Cites-beraad in Panama by 

Die 19de Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora, bekend as Cites, is tans in Panamastad, Panama, aan die gang. Cites is ‘n internasionale verdrag wat ontwerp is om internasionale handel in sekere dier- en plantspesies te beheer en te reguleer wat moontlik met uitsterwing bedreig kan word. Afgevaardigdes van […]

Read More

Ombudsman steeds bekommerd oor polisieselle

Ondanks die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha se jaarverslag wat aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, waarin hy die kwessie van onhigiëniese polisieselle aanspreek, het niks nog verander nie. Daar is verskeie kwessies wat aandag verg, met gevangenes wat kla oor onvoldoende kos, gebrek aan skoonmaakmiddels en komberse. Die polisiestasies waaroor kommer heers is Coblenz […]

Read More

Ramaphosa volgende week op staatsbesoek aan VK

President Cyril Ramaphosa onderneem Dinsdag en Woensdag volgende week ʼn staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk, nadat koning Charles die uitnodiging gerig het. Volgens die Britse Hoёkommissaris in Suid-Afrika, Antony Phillipson, sal Ramaphosa ook by Downingstraat 10 bilaterale samesprekings voer met die eerste minister, Rishi Sunak. Die president sal na verwagting ook by Lancaster-huis deelneem aan […]

Read More

Moslemvrou op O.R. Tambo-lughawe gevra om kopdoek te verwyder

‘n Moslemvrou, Shahnaaz Paruk is op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg deur veiligheidspersoneel uitgesonder en gevra om haar kopdoek te verwyder sodat sy deursoek kon word. Sjeg Riad Fataar, tweede adjunk-president van die Moslem Juridiese raad sê daar is geen dreigende terrorisme-aanvalle of rede vir waarom die veiligheidspersoneel van die lughawe Moslems hoef te teiken […]

Read More

Namibiese landboukenner: Geneties-aangepaste gewasse onveilig

‘n Namibiese landboukenner het gereageer op die Alliansie vir Wetenskap wat sê geneties-aangepaste gewasse is veilig en bied ‘n antwoord om wêreldwye honger te verlig. Suid-Afrika, Soedan, Egipte en Burkina Faso lei tans in die kommersialisering van geneties-aangepaste gewasse in Afrika. Die alliansie sê geneties-aangepaste gewasse is veilig om te verbou en te eet, en […]

Read More

DA bekommerd oor Phala-Phala-verslag uitgestel is

Die DA sê hy gaan vertoë rig tot die parlement se programmeringskomitee om die program te verleng om die Phala Phala-verslag af te handel. Die onafhanklike Artikel 89-paneel moet op 30 November aan die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, verslag doen en die parlement is veronderstel om die volgende dag in reses te gaan. ʼn Woordvoerder van […]

Read More

Transnet-treinbotsing op pad na Mosambiek 

‘n Transnet-trein met ‘n vrag ystererts het met ‘n ander trein gebots op ‘n spoorlyn tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Transnet Spoorvrag bevestig ondersoeke is aan die gang om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Daar is tans geen verkeer op die lyn tussen Komatipoort in Mpumalanga en Ressano Garcia in Mosambiek nie. Geen beserings […]

Read More