Krieket: Dolphins wil Warriors klop

Krieket: Die Dolphins hoop om die vierdag-reeks met vertroue af te skop wanneer hulle van môre op St Georgepark in Gqeberha teen die Warriors te staan kom. Die Durbanse span het onlangs baie na aan ‘n oorwinning gekom in die opwindende eindstryd van die T20-uitdaging, waar hulle teen die Titans verloor het. Kaptein Marques Ackerman sê na ‘n week af is die Dolphins opgewonde om met die rooibal-seisoen te begin.