Moslemvrou op O.R. Tambo-lughawe gevra om kopdoek te verwyder

‘n Moslemvrou, Shahnaaz Paruk is op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg deur veiligheidspersoneel uitgesonder en gevra om haar kopdoek te verwyder sodat sy deursoek kon word. Sjeg Riad Fataar, tweede adjunk-president van die Moslem Juridiese raad sê daar is geen dreigende terrorisme-aanvalle of rede vir waarom die veiligheidspersoneel van die lughawe Moslems hoef te teiken en hulle vir ekstra deursoekings hoef uit te sonder nie.