Agra breek deur netto wins van N$100 miljoen

Agra het sy finansiële prestasie vir die 2021/2022-boekjaar bekend gemaak. Die maatskappy het vir die heel eerste keer ‘n netto wins voor belasting van meer as 100 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Agra se uitvoerende hoof Arnold Klein sê hy is trots op Agra se finansiële prestasie aangesien hulle ‘n groei van 10,4 persent in inkomste […]

Read More

Mantashe weer in hof oor Shell se seismiese opnames

Die hooggeregshof in Gqeberha, Oos-Kaap, het vandag betoё aangehoor in die aansoek om verlof tot appèl deur die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe. Hy wil die besluit laat omkeer wat die petroleum-reus, Shell, verbied om seismiese opnames vir olie en gas aan die Wildekus te doen. Omgewingskundiges voer aan Mantashe het nie […]

Read More

Wes-Kaapse man 49 jaar agter tralies vir bedrog, geldwassery

‘n Man is in die Wes-Kaap tot 49 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog en geldwassery ter waarde van 7,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Werknemers van ‘n onderneming bekend as ORO Africa het in Junie 2015 onreëlmatighede met betrekking tot betalings aan verskaffers opgemerk en dit aangemeld. ‘n Polisiewoordvoerder, Joseph Swartbooi, sê Shaun Currin is die geleentheid […]

Read More

Jagters probeer negatiewe opinie oor jag verander

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, se algemene jaarvergadering vind tans in die hoofstad plaas. Afgevaardigdes van internasionale jagklubs soos die Dallas Safariklub en die Nordiese Jagklub, woon ook die verrigtinge by.  Jens Hogh van die Nordiese Jagklub verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter uitdagings in die jagbedryf in Europa ondervind word en hoe negatiewe openbare opinie oor […]

Read More

Venaani sien uit na 2024-verkiesing teen Nandi-Ndaitwah

Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani, het diegene gelukgewens wat die regerende party Swapo se interne verkiesings tydens die pas afgelope partykongres gewen het. Venaani sal teen die pas verkose visepresident van die Swapo Party, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in die 2024-verkiesing te staan kom. Venaani sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs het ‘n keuse […]

Read More

Namibiese damme saam 73,8% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 73,8 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 82,9 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,091 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam en 2,021 miljoen kubieke meter water vir besproeiing uit die Hardapdam. Sentrale damme is tans 45,5 persent vol teenoor verlede jaar se 64 persent dieselfde […]

Read More

Lesotho-burgers se repatriasie uit SA traumaties 

Lesotho is ongelukkig oor wat hy beskryf as die traumatiese repatriasie van sy burgers uit Suid-Afrika. Die land word daarvan beskuldig dat hy ʼn ooreenkoms oor die vrye beweging van burgerlikes verlede week verbreek het toe hy 400 Basotho’s opdrag gegee het om Newcastle te verlaat. Die regering van Lesotho moes sy onderdane repatrieer te […]

Read More

Springbokke bou diepte met spelers en afrigting   

Rugby: Die hooffokus vir die Springbokke met hul November-toer na Europa was om diepte te bou – nie net wat spelers betref nie maar ook die afrigting. Die Springbokke se hulp-afrigter, Mzwandile Stick, was in beheer van die Suid-Afrikaanse A-span vir hulle wedstryde teen Munster en die Bristol Bears, met ʼn afrigtingspan van drie assistent-afrigters: […]

Read More

DA bekommerd oor toename geweldsmisdaad 

Die DA in Gauteng sê die lewens en lewensbestaan van inwoners van die Stad Ekurhuleni word bedreig. Dit volg nadat die minister van polisie, Bheki Cele, onlangs die misdaadstatistiek vrygestel het. Die party is bekommerd omdat Ekurhuleni-polisiestasies talle sake aangeteken het onder die hoogste toename in misdaad wat nasionaal aangemeld is. Die DA-lid, Ruhan Robinson, […]

Read More

‘Nandi-Ndaitwah se karakter is onkreukbaar’

Reaksie word ontvang na aanleiding van die nuus dat adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah as die vise-president van Swapo verkies is. Nandi-Ndaitwah het 491 stemme verwerf teenoor eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila se 270 en omgewingsminister Pohamba Shifeta se 91. Politieke ontleder, dr. Hoze Riruako, sê aan Kosmos 94.1 Nandi-Ndaitwah se karakter is onkreukbaar. Hy sê ook waarop […]

Read More