Oshana-polisie verskerp gereedheid vir feestyd

Die Namibiese polisie in die Oshana-streek het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees vir verdagte bewegings en mense by outomatiese tellermasjiene of wanneer hulle uit ‘n handelsbank kom nadat hulle groot bedrae geld onttrek het. Die Oshana-streek gaan volgens berigte gebuk onder misdaad met ‘n beraamde 1 800 gevalle wat in 90 dae aangemeld […]

Read More

Unam: Voorlopige eksamen uitslae op 9 Des., finale op 15de

Unam het te kenne gegee dat sy tweede semester se voorlopige eksamen uitslae op 9 Desember vanaf twee-uur namiddag bekend sal wees. Die finale uitslae sal ‘n week later, op 15 Desember, ook om twee-uur bekendgemaak word. Volgens die registrateur se kantoor is die tydperk tussen die voorlopige en finale uitslae nodig om enige aanpassings, […]

Read More

Dwelmhandel op SA-grense neem skerp toe

Dwelmhandel deur Suid-Afrikaanse hawens en lughawens is na wat berig word besig om toe te neem. Navorsing toon vir elke dwelmbesending waarop beslag gelê word, gaan tien ongemerk deur. Daar word beraam dwelmmiddels van meer as 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand het die afgelope jaar die land deur sy hawens bereik. Interpol-ambassadeur vir die Turn Back-misdaadveldtog, […]

Read More

Hawaii se Mauna Loa bars uit, eerste keer in 40 jaar

Die wêreld se grootste aktiewe vulkaan het die eerste keer in byna 40 jaar uitgebars. Die Amerikaanse agentskap vir geologiese opname sê Hawaii se Mauna Loa se vulkaniese as het begin uitstoot. Die lawa vloei op die kruin en dit bedreig nog nie enige mense nie, maar kan vinnig verander. Die agentskap waarsku inwoners om […]

Read More

Namibiese jagters maak planne om te oorleef

Die Namibiese jagbedryf is een van die sektore wat swaar getref is deur die Covid-pandemie, maar sommige professionele jagters het slim planne beraam om in die moeilike tye te oorleef. Die Professioneel Jagtersvereniging, Napha, hou tans hul algemene jaarvergadering in die hoofstad. ‘n Lid van Napha, Anton Esterhuizen van Estreux Safaris, het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Kerke bied Etiese Menseregte-konferensie in hoofstad aan

Die Koalisie van Christelike Kerke hou ‘n Etiese Menseregte-konferensie in die hoofstad vanaf môre tot Donderdag met die tema “Preserving morality in Namibia”. Dit vind plaas by die Every Nation-kerk in die Dorado Park-woonbuurt en verwante wetgewing is ook onder die loep. Pastoor Deolinda da Fonseca, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die Etiese Menseregte-konferensie […]

Read More

Groote Schuur-hospitaal doen kanker-uitreik in Noord-Kaap

Dokters en spesialiste van die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad is in die Noord-Kaap om die Suid-Afrikaanse genetiese mutasie te help identifiseer wat kolonkanker in 40 gesinne in die provinsie veroorsaak het. ‘n Span sal tydens die weeklange uitreikprogram in Upington, Garies en Port Nolloth 50 kolonoskopies uitvoer op kankerpasiënte, sowel as ginekologiese dienste en mammogramme […]

Read More

Netbal is grootste vrouesport in SA

Netbal: Spar en Telkom is aangekondig as die amptelike hoofborge van volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad. Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, sê netbal is die grootste vrouesport in Suid-Afrika. Dit word regoor die land gespeel, vanaf afgeleë dorpe tot in metropolitaanse gebiede. Die toernooi sal van 28 Julie tot 6 Augustus in […]

Read More

Byna 300 SA kinders was slagoffers van poging tot moord

Volgens statistieke deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens is daar naastenby 300 dossiere van poging tot moord, waarby kinders betrokke was van Julie tot September 2022 by die land se polisiestasies geopen. In dié drie maande tydperk is daar 294 sake by die polisie aangemeld met kinders wat die slagoffers van die pogings tot moord was. Kosmos […]

Read More

Khomas-streek het meeste korrupsieklagte

Die meerderheid korrupsieklagte wat in die 2021-2022 boekjaar by die Teen-korrupsie Kommissie aangemeld is, is in die Khomas-streek, volgens die kommissie se jaarverslag. Uit 110 sake wat gedurende hierdie tydperk onder die kommissie se aandag gebring is, was 57 in die Khomas-streek. Nog 22 sake is in die Erongo-streek aangemeld, teenoor 18 in Oshana en […]

Read More