Namibië woon COP19 Cites-beraad in Panama by 

Die 19de Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora, bekend as Cites, is tans in Panamastad, Panama, aan die gang. Cites is ‘n internasionale verdrag wat ontwerp is om internasionale handel in sekere dier- en plantspesies te beheer en te reguleer wat moontlik met uitsterwing bedreig kan word. Afgevaardigdes van die Namibiese omgewingsministerie en ander belangegroepe in die jagbedryf woon die COP19 Cites-beraad by. Danene van der Westhuyzen, voormalige president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, gesels vanuit Panamastad met Kosmos 94.1 Nuus.