Ombudsman steeds bekommerd oor polisieselle

Ondanks die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha se jaarverslag wat aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, waarin hy die kwessie van onhigiëniese polisieselle aanspreek, het niks nog verander nie. Daar is verskeie kwessies wat aandag verg, met gevangenes wat kla oor onvoldoende kos, gebrek aan skoonmaakmiddels en komberse. Die polisiestasies waaroor kommer heers is Coblenz en Grootfontein in die Otjozondjupa-streek, Omungwelume in die Ohangwena-streek. Die Grootfontein-polisiesel is oorvol gevind met 27 gevangenes, terwyl die sel bedoel is om ‘n maksimum van slegs 12 te huisves.  Advokaat Dyakugha praat met Kosmos 94.1 Nuus.