Namibiese landboukenner: Geneties-aangepaste gewasse onveilig

‘n Namibiese landboukenner het gereageer op die Alliansie vir Wetenskap wat sê geneties-aangepaste gewasse is veilig en bied ‘n antwoord om wêreldwye honger te verlig. Suid-Afrika, Soedan, Egipte en Burkina Faso lei tans in die kommersialisering van geneties-aangepaste gewasse in Afrika. Die alliansie sê geneties-aangepaste gewasse is veilig om te verbou en te eet, en vee sowel as mense regoor die wêreld eet dit al vir dekades sonder enige probleme. Landboukundige, Wallie Roux, sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Namibië gekant is teen geneties-aangepaste gewasse.