Transnet-treinbotsing op pad na Mosambiek 

‘n Transnet-trein met ‘n vrag ystererts het met ‘n ander trein gebots op ‘n spoorlyn tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Transnet Spoorvrag bevestig ondersoeke is aan die gang om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Daar is tans geen verkeer op die lyn tussen Komatipoort in Mpumalanga en Ressano Garcia in Mosambiek nie. Geen beserings is aangemeld nie.