DA bekommerd oor Phala-Phala-verslag uitgestel is

Die DA sê hy gaan vertoë rig tot die parlement se programmeringskomitee om die program te verleng om die Phala Phala-verslag af te handel. Die onafhanklike Artikel 89-paneel moet op 30 November aan die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, verslag doen en die parlement is veronderstel om die volgende dag in reses te gaan. ʼn Woordvoerder van die DA, Siviwe Gwarube, sê die aangeleentheid is dringend en durf nie vertraag of tot volgende jaar uitgestel te word nie.