Gholf: Namibiese mans- en vrouespanne ding mee in Malaga 

Die 2022 Internasionale Gholf-parespel-toernooi vind tot Vrydag in Malaga, Spanje, plaas waaraan Namibiese gholfspelers deelneem. Dit sal die grootste toernooi in sy geskiedenis wees met wenpare van 38 deelnemende lande. Namibië se mans- en vrouespanne neem deel. Namibiese vroue-gholfspeler Brenda Lens gesels met Kosmos 94.1 Nuus uit Malaga.