Gelukwensinge stroom in vir Kosmos 94.1 se 21ste bestaansjaar

Kosmos 94.1 vier sy 21ste bestaansjaar. Lof, gelukwensinge en huldeblyke stroom van oraloor in. Dr. Riaan Ekstaan, die eerste Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië ná Onafhanklikheid, wens die stigterslid, Kolie van Coller, en Kosmos 94.1 van harte geluk.