Tweede betoger in Iran kry doodstraf

‘n Iranse hof het ’n tweede betoger tot doodstraf gevonnis vir geweld tydens die Mahsa Amini-optog. Die betoger is beskuldig daarvan dat hy mense in die straat met ‘n mes geterroriseer het, die motorfiets van ‘n burger aan die brand gesteek en ‘n persoon met ‘n mes aangeval het. Minstens tien betogers in Iran is […]

Read More

ANC-raadslede van Tswane was glo gewelddadig

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die veelparty-koalisieregering beoog om strafregtelike klagte teen ANC-raadslede in te dien oor die gewelddadige aanval op die stad se speaker, Murunwa Makwarela. Die raadslede het tydens Dinsdag se raadsvergadering gepoog om die verrigtinge te ontwrig. Williams sê ANC-raadslede het Makwarela gewelddadig aangerand en beeldmateriaal wys hoe hulle die […]

Read More

Inflasie van drank en tabak styg skerp in Oktober

Gedurende Oktober 2022 het die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank en tabak, wat 12,6 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, met 6,7 persent gestyg vergeleke met die een persent gedurende Oktober van 2021. Volgens die Verbruikersprys-indeks van Oktober is die toename hoofsaaklik die gevolg van ‘n verhoging in die pryse van alkoholiese drank wat met 7,4 […]

Read More

Phala-Phala-verslag se sperdatum uitgestel

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die sperdatum vir die onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid tot 30 November verleng. Mapisa-Nqakula het korrespondensie in dié verband ontvang van die voorsitter van die onafhanklike paneel van kundiges, oud-hoofregter Sandile Ngcobo. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê […]

Read More

Rusland beplan nie militêre optrede teen Navo 

Navo en wêreldleiers vergader vandag nadat ‘n Russies-vervaardigde vuurpyl in Pole, ‘n Navo-lid geval het. Twee mense is dood. Rusland ontken dat hy verantwoordelik was. Navo-hoof, Jens Stoltenberg sê egter die missiel blyk ‘n “ongeluk” deur die Oekraïnse lugverdediging te wees. Hy sê daar is geen aanduidings dat Rusland militêre optrede teen Navo-bondgenote beplan nie. […]

Read More

‘n Engelsman is weer skeidsregter in Springbok-toets teen Italië  

Rugby: Nog ‘n Engelsman sal die 31ste man op die veld wees wanneer Suid-Afrika die naweek in Genoa vir Italië pak. Matthew Carley is as skeidsregter aangewys met sy landgenoot, Wayne Barnes, as assistent nadat hy verlede naweek die Springbokke se toets teen Frankryk hanteer het. Hy het ‘n paar omstrede beslissings gemaak in sy […]

Read More

Oorstromings, skade in Tshwane

Die Stad Tshwane het nooddienste en die metropolisie se pogings om inwoners die afgelope week tydens vloedverwante voorvalle by te staan, geloof. Nooddienste het op meer as 40 voorvalle wat met oorstromings verband hou, gereageer. Die stad se burgemeesterkomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê hulle inwoners ook met ‘n verskeidenheid ander dienste bygestaan soos om […]

Read More

RA neem Okh-Otji-roete onder die loep

Die Paaie-owerheid onderneem ‘n lewensvatbaarheidstudie om die opgradering van die T0107-pad tussen Okahandja en Otjiwarongo te ondersoek. Die doel van die projekstudie is om die tegniese, ekonomiese, omgewings- en maatskaplike lewensvatbaarheid van die opgradering van die pad te bepaal. Die woordvoerder van die owerheid Heleni Fillemon gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Fillemon sê openbare vergaderings […]

Read More

Water: Groot verligting op Outapi, terwyl NamWater op tender wag

Terwyl NamWater ‘n tender uit het vir ‘n water versuiweringsaanleg vir watervoorsiening in die Omusati-streek, het die maatskappy reeds ‘n stelsel daargestel vir die reiniging van water in die tussen tyd. Die stelsel het reeds in Outapi aangekom. Daar word verwag dat dit groot verligting aan inwoners van die gebied sal bring, soos Abraham Nehemia, […]

Read More

‘GMO-gewasse’ is veilige antwoord vir voedseltekorte

Die Alliansie vir Wetenskap sê geneties-aangepaste gewasse is veilig en bied ‘n antwoord om wêreldwye honger te verlig. Suid-Afrika, Soedan, Egipte en Burkina Faso lei tans in die kommersialisering van geneties-aangepaste gewasse in Afrika. Die algehele internasionale waarde van die biotegnologie-gewas-mark sal na verwagting teen 2026 sowat 520 miljard Namibiese dollar bereik. Die alliansie sê […]

Read More