Ramaphosa volgende week op staatsbesoek aan VK

President Cyril Ramaphosa onderneem Dinsdag en Woensdag volgende week ʼn staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk, nadat koning Charles die uitnodiging gerig het. Volgens die Britse Hoёkommissaris in Suid-Afrika, Antony Phillipson, sal Ramaphosa ook by Downingstraat 10 bilaterale samesprekings voer met die eerste minister, Rishi Sunak. Die president sal na verwagting ook by Lancaster-huis deelneem aan ʼn VK-SA-sakeforum.