Omgewingsministerie gee oorsig van COP-19

Die Namibiese omgewingsministerie sê hy verwelkom die beslissing tydens die onlangse Cites COP19-beraad in Panama dat die witrenoster verskuif is van aanhegsel 1 na 2 toe, in verband met die handel in die spesie. Die ministerie benadruk dat die beraad nie trofeejag onder die bepalings ingesluit het nie, maar dat dit nie beteken dat Namibië […]

Read More

Droogtegeteisterde Kunene-streek kry hulp 

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, in samewerking met die landbouministerie is besig om die Groen Klimaatfonds se befondsde projek oor weiveldbestuur  by Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle in die Kunene-streek te implementeer. Boere in die Kunene-streek het ‘n langdurige droogte verduur wat groot veeverliese tot gevolg gehad en gewasproduksie ‘n reuse-uitdaging gemaak het. Lot Ndamanomhata, […]

Read More

Verpleegkundige-vakbond eis De Ruyter se kop

Die Indaba-vakbond vir jong verpleegkundiges eis dat André de Ruyter as Eskom se uitvoerende hoof afgedank word en dat die regering ‘n geskikte gekwalifiseerde persoon vind wat beurtkrag kan beëindig. Volgens die vakbond het kragonderbrekings ‘n geweldige groot uitwerking, aangesien lewensreddings-toerusting soos asemhalingstoestelle tydens beurtkrag ophou werk. Die hoofsekretaris, Lerato Mthunzi, sê die situasie word […]

Read More

Kwik daal skerp in Brittanje

Uiterste weerstoestande duur voort in Brittanje waar die kwik op sommige plekke oornag tot minus 15-grade Celsius gedaal het. ʼn Aantal skole is weens swaar sneeu gesluit en die owerhede het die dood van drie seuns bevestig wat in ʼn bevrore meer in Solihull, Engeland, beland het. Nog ʼn kind is in ʼn bedenklike toestand. […]

Read More

Binnelandse sake se agterstand eers oor twee jaar uitgewis

Die DA sê die departement van binnelandse sake het tans ‘n agterstand van 56 543 in alle visumkategorieë en hulle verwag om hierdie agterstand eers teen Junie 2024 uit te wis. Die departement van staatsdiens en administrasie het skriftelik op die DA se parlementêre vrae geantwoord. Die DA-lid, Adrian Roos, sê dit maak van buitelandse […]

Read More

IPC-leier is druk besig met sy presidensiële veldtog

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula, is druk besig met sy 2024-presidensiële veldtog. Hy was weer die naweek, soos elke naweek, bedrywig. Hy het besoek afgelê by gemeenskappe in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling in die Oshikoto-streek. Dr. Itula het ‘n unieke styl van veldtog voer. Hy hou geen byeenkomste nie maar […]

Read More

Aktivis: ANC versuim om bevoegde leiers aan te stel

‘n Voormalige studente-aktivis, Mcebo Dlamini, sê die ANC het versuim om bevoegde leiers aan te stel. Dit volg dae voor die party se 55ste nasionale verkiesingskonferensie wat in Nasrec, Johannesburg, plaasvind. Dlamini sê die stand van leierskap in die regerende party is twyfelagtig en die land se beeld is op die spel. Hy sê die […]

Read More

Opsetlike saakbeskadiging by winkelsentrum veroordeel

Die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, Elias Mawela, veroordeel ‘n voorval van aanranding en opsetlike saakbeskadiging in die Willow Way-winkelsentrum in Garsfontein, in die ooste van Pretoria, wat op kamera vasgevang is. Na wat verneem word het die Garsfontein-polisie ‘n klag van aanranding ontvang. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê met hul aankoms het hulle die slagoffer, […]

Read More

Lyke van 27 mans by Lusaka gevind

Die lyke van 27 mans, vermoedelik migrante van Ethiopië, is deur die polisie aan die buitewyke van die Zambiese hoofstad, Lusaka gevind. Owerhede sê die mans is vermoedelik aan honger en uitputting dood. Een migrant is lewend gevind en na die hospitaal geneem. Die oorledenes is na ‘n lykshuis geneem sodat die presiese oorsaak van […]

Read More

Stad Kaasptad lei Operasie Eksodus 

Stad Kaapstad sê die stad se verkeersdiens sal weer gratis voertuig-kontroles vir langafstand-openbare vervoeroperateurs aanbied, onder die vaandel van Operasie Eksodus. Dit volg terwyl duisende reisigers gereed maak om volgende week die pad te vat. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê Operasie Eksodus is ‘n jaarlikse voertuig-veiligheids-bewusmakingsveldtog wat deur die […]

Read More