Binnelandse sake se agterstand eers oor twee jaar uitgewis

Die DA sê die departement van binnelandse sake het tans ‘n agterstand van 56 543 in alle visumkategorieë en hulle verwag om hierdie agterstand eers teen Junie 2024 uit te wis. Die departement van staatsdiens en administrasie het skriftelik op die DA se parlementêre vrae geantwoord. Die DA-lid, Adrian Roos, sê dit maak van buitelandse burgers wat hangende aansoeke het, onwettige immigrante en ontmoedig ook hoogs geskoolde talent om Suid-Afrika as werkbestemming te oorweeg.