Droogtegeteisterde Kunene-streek kry hulp 

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, in samewerking met die landbouministerie is besig om die Groen Klimaatfonds se befondsde projek oor weiveldbestuur  by Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle in die Kunene-streek te implementeer. Boere in die Kunene-streek het ‘n langdurige droogte verduur wat groot veeverliese tot gevolg gehad en gewasproduksie ‘n reuse-uitdaging gemaak het. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds, praat met Kosmos 94.1 Nuus.