Opsetlike saakbeskadiging by winkelsentrum veroordeel

Die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, Elias Mawela, veroordeel ‘n voorval van aanranding en opsetlike saakbeskadiging in die Willow Way-winkelsentrum in Garsfontein, in die ooste van Pretoria, wat op kamera vasgevang is. Na wat verneem word het die Garsfontein-polisie ‘n klag van aanranding ontvang. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê met hul aankoms het hulle die slagoffer, ‘n 30-jarige man, en twee verdagtes op die toneel gevind wat na bewering besig was om die misdaad te pleeg.