IPC-leier is druk besig met sy presidensiële veldtog

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula, is druk besig met sy 2024-presidensiële veldtog. Hy was weer die naweek, soos elke naweek, bedrywig. Hy het besoek afgelê by gemeenskappe in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling in die Oshikoto-streek. Dr. Itula het ‘n unieke styl van veldtog voer. Hy hou geen byeenkomste nie maar verkies om eerder, te voet, in gemeenskappe rond te beweeg en saam met mense te sit en gesels. Dit is ‘n skaarse verskynsel om hom te sien groot skare toespreek. Itula het reeds in Maart vanjaar sy presidensiële veldtog afgeskop.