Vise-president bring hulde aan Namibiese werkers

Die Namibiese adjunk-president, Nangolo Mbumba, het in sy Kersboodskap spesiale dank uitgespreek aan onder meer onderwysers, gesondheidswerkers, mense in uniform, kerkleiers, boere en die sake-gemeenskap wat die land ondersteun het. Hy sê Namibiërs het sterk gestaan ondanks die ekonomiese uitdagings wat 2022 gebied het. Nangolo sê hulde moet gebring word aan alle Namibiese werkers.

Read More

Kapofi besoek rekrute van Namibiese weermag

Die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, het die jongste rekrute van die Namibiese weermag beveel om hard te werk en dissipline en spanwerk te handhaaf sodat hulle goeie soldate kan wees. Kapofi het die rekrute toegespreek by die Osona militêre basis buite Okahandja, waar hy deur die weermaghoof, lugmaarskalk Martin Pinehas, vergesel is. Kapofi […]

Read More

Dodetal in Boksburg-ontploffing styg tot 15

Die dodetal in die Boksburg-ontploffing aan die Oos-Rand in Suid-Afrika het tot 15 gestyg. Dit is deur die minister van gesondheid, Joe Phaahla, bevestig. Drie kinders tel onder die sterftes, asook drie personneellede van die Tambo-gedenkhospitaal is tydens die voorval dood. Die hospitaal is erg beskadig tydens die ontploffing, wat reg langsaan plaasgevind het. ‘n […]

Read More

Namibiese rolprent by Rotterdam Internasionale Filmfees 2023 vertoon

Die Namibiese Film-kommissie het aangekondig dat die Namibiese rolprent Under the Hanging Tree gekies is om by die wêreldpremière by die Rotterdam Internasionale Filmfees vertoon te word. Under the Hanging Tree is ‘n opdragrolprent van die Namibiese Film-kommissie. Die Rotterdam Internasionale Filmfees vind vanaf 25 Januarie tot 5 Februarie 2023 in dié Nederlandse stad plaas.

Read More

Sewe tenders vir bou van Keetmanshoop-weegbrug ontvang

Sewe tenders is vir die konstruksie van die Keetmanshoop-weegbrug ingedien. Volgens die Tender Bulletin het die Namibiese Padowerheid sewe aanbiedings van tussen 24,5 miljoen en 29,2 miljoen Namibiese dollar vir die projek in die Karas-streek ontvang. Die laagste tender van 24,486 miljoen dollar is deur Ongoma Trading Enterprises ontvang en die hoogste tender van 29,174 […]

Read More

Eskom se soektog na hoof gaan moeilik wees

Die Suid-Afrikaanse werwingskenner John Wentzel glo Eskom se soektog na ‘n nuwe uitvoerende hoof kan lank en ingewikkeld wees. Hy meen die reputasie van die nutsdiens is so geknou dat kandidate met die regte kwalifikasies waarskynlik met ‘n lang lys voorwaardes sal kom. Nog ‘n uitdaging is die tydsberekening van André de Ruyter se bedanking, […]

Read More

Taliban kalwe nog vroueregte in Afghanistan weg

Vroue in diens van plaaslike of internasionale nie-regeringsorgasnisasies in Afghanistan mag nie meer werk toe gaan nie. Die Taliban-regering het die jongste aankondiging gemaak van vroue se vryhede in die land verder onderdruk. Die woordvoerder van die ministerie van ekonomie, Abdulrahman Habib, sê sommige van die vroulike werknemers hou nie by die Islamitiese kleredragreëls vir […]

Read More

Eerste onbemande vliegtuig in Afrika in Gauteng vervaardig

’n Gautengse maatskappy, Milkor, vervaardig Afrika se eerste onbemande vliegtuig. Meer as 250 plaaslike ingenieurs maak deel uit van die span wat aan die prototipes werk. Hommeltuie word in verskeie industrieë gebruik, insluitend verdediging. Die bemarkingsdirekteur van Milkor, Daniel du Plessis, sê Suid-Afrika is een van baie lande wat innoverend genoeg was om onbemande vliegtuie […]

Read More

Ietermagô-stigting verskaf werk in nedersettings

Die Ietermagô Bewaring- en Navorsing-stigting ondersteun gemeenskapsgebaseerde bewaring deur die indiensneming van ietermagô-veldwagters in nedersettings. Die stigting het vanjaar 11 veldwagters in ses verskillende nedersettings ondersteun. Hierdie werksgeleenthede verskaf volhoubare lewensbestaan in ‘n gebied waar daar ‘n reuse-tekort aan werksgeleenthede is en gesinne word ondersteun deur kospakkies en klere. Een suksesverhaal is gemeenskappe wat onlangs […]

Read More

ANC probeer toename in onwettige immigrasie stuit

Die ANC het sy voorgestelde migrasie-beleidsraamwerk ter tafel gelê wat dit vir buitelanders moeilik sal maak om landsburgers te word. Dit sluit die verskerping in van die Immigrasiewet om die toename in onwettige immigrante te probeer stuit. Die ANC het egter erken nie alle ongedokumenteerde migrante in die land het ‘n ander heenkome nie.

Read More