Stad Kaasptad lei Operasie Eksodus 

Stad Kaapstad sê die stad se verkeersdiens sal weer gratis voertuig-kontroles vir langafstand-openbare vervoeroperateurs aanbied, onder die vaandel van Operasie Eksodus. Dit volg terwyl duisende reisigers gereed maak om volgende week die pad te vat. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê Operasie Eksodus is ‘n jaarlikse voertuig-veiligheids-bewusmakingsveldtog wat deur die Stad Kaapstad se verkeersdiens aangebied word.