Omgewingsministerie gee oorsig van COP-19

Die Namibiese omgewingsministerie sê hy verwelkom die beslissing tydens die onlangse Cites COP19-beraad in Panama dat die witrenoster verskuif is van aanhegsel 1 na 2 toe, in verband met die handel in die spesie. Die ministerie benadruk dat die beraad nie trofeejag onder die bepalings ingesluit het nie, maar dat dit nie beteken dat Namibië nie witrenoster-trofeë kan uitvoer nie. Die ministerie is teleurgesteld dat die beraad die voorstel dat voedselsekerheid en lewensbestaan nie by handel en biologiese kriteria bygevoeg kan word vir aanhegsel 1- en 2-spesies nie. Die beraad het ook geweier dat gemeenskappe, wat saam met wilde diere moet leef, ‘n meganisme kry om voorleggings te maak. Die beraad sê kapasiteit op nasionale vlak moet versterk word.