Verpleegkundige-vakbond eis De Ruyter se kop

Die Indaba-vakbond vir jong verpleegkundiges eis dat André de Ruyter as Eskom se uitvoerende hoof afgedank word en dat die regering ‘n geskikte gekwalifiseerde persoon vind wat beurtkrag kan beëindig. Volgens die vakbond het kragonderbrekings ‘n geweldige groot uitwerking, aangesien lewensreddings-toerusting soos asemhalingstoestelle tydens beurtkrag ophou werk. Die hoofsekretaris, Lerato Mthunzi, sê die situasie word vererger omdat President Cyril Ramaphosa geen duidelike plan het oor hoe om die kragkrisis aan te pak nie.