Aktivis: ANC versuim om bevoegde leiers aan te stel

‘n Voormalige studente-aktivis, Mcebo Dlamini, sê die ANC het versuim om bevoegde leiers aan te stel. Dit volg dae voor die party se 55ste nasionale verkiesingskonferensie wat in Nasrec, Johannesburg, plaasvind. Dlamini sê die stand van leierskap in die regerende party is twyfelagtig en die land se beeld is op die spel. Hy sê die gebrek aan ‘n opvolgplan het tot die huidige toestand van die ANC gelei.