Lyke van 27 mans by Lusaka gevind

Die lyke van 27 mans, vermoedelik migrante van Ethiopië, is deur die polisie aan die buitewyke van die Zambiese hoofstad, Lusaka gevind. Owerhede sê die mans is vermoedelik aan honger en uitputting dood. Een migrant is lewend gevind en na die hospitaal geneem. Die oorledenes is na ‘n lykshuis geneem sodat die presiese oorsaak van hul dood vasgestel kan word. Die oorledenes is nog nie geïdentifiseer nie. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffers almal mans van tussen 20 en 38 jaar oud is. Lede van die gemeenskap het die polisie van die lyke langs die pad verwittig.