Withuis ontken dat hy ballonne het

Die Withuis het Beijing se beskuldiging ten sterkste ontken dat hy ballonne vir waarneming oor China se lugruim gestuur het. Dit volg nadat China se ministerie van Buitelandse Sake die VSA daarvan beskuldig het dat hulle sedert verlede jaar meer as tien keer sonder toestemming ballonne op ‘n hoë hoogte in sy lugruim gevlieg het. […]

Read More

Kruger Wildtuin loop deur onder swaar reën

Die Kruger Wildtuin in Mpumalanga ervaar steeds swaar reënval. Dit het daartoe gelei dat sommige afgeleë kampe en grondpaaie ontoeganklik was. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê egter dat alle teerpaaie oop is. Besoekers aan die park word versoek om nie met die padsluitings te peuter nie. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê rampbestuur-spanne monitor ontwikkelings in die noorde van […]

Read More

Kragkrisis 20 Maart in Pretoria in die hof

Die Hooggeregshof in Pretoria het 20 Maart bepaal as datum vir ‘n saak wat 19 organisasies, insluitend politieke partye en vakbonde, teen die regering ingedien het oor die voortslepende energiekrisis. Die organisasies betoog die regering se reaksie op die krisis is ongrondwetlik en het ‘n wanproporsionele invloed op die armstes in die gemeenskap. Phakamile Hlubi-Majola van die metaalwerkersvakbond Numsa sê die […]

Read More

Handelsministerie ontvang grond in DRK, nou wat?

Die Namibiese handelsministerie het 36 hektaar grond by die regerings van Kongo-Brazzaville en die DRK bekom. Die grond, wat geskenk is, sal ontwikkel word in ‘n spilpunt vir die bevordering en verhandeling van Namibiese goedere en dienste in markte in Wes- en Sentraal-Afrikalande. Die ministerie sê veral vleis en vleisprodukte, sowel as vis, bier, graan en ander landbouprodukte […]

Read More

Nog vrae oor ramptoestand… elektriese minister

Die Suid-Afrikaanse omgewingsgroep, Green Connection, het sy kommer uitgespreek oor die verklaring van ‘n ramptoestand oor die land se kragkrisis. Die groep stem ook nie saam met die aanstelling van ‘n minister van elektrisiteit nie. Die groep se strategiese leier, Liz McDaid, skryf die kragkrisis toe aan die regering se gebrek aan optrede: 

Read More

54ste massaskietery in VSA

Minstens drie mense is dood en vyf ander beseer in ‘n skietvoorval op twee persele by die Michigan-staatsuniversiteit. Volgens die polisie het die gewapende man na die akademiese gebou, Berkey-saal, geskiet waar twee mense dood is. Hy het daarna na ‘n atletiekfasiliteit gegaan waar een persoon doodgeskiet is. Die universiteit se tussentydse adjunkhoof van openbare […]

Read More

Omgewingsfonds vier 11 jaar

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, vier sy 11de bestaansjaar. Met sy breë mandaat om die volhoubare benutting van die land se natuurlike hulpbronne te verseker, asook die regverdige en billike verdeling van voordele, vier die EIF die 11de bestaansjaar met die oog op die verlede terwyl hy vir die toekoms bestuur. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds sê […]

Read More

SAPD ontvang 65 000 wapens tydens amnestie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het verlede jaar daarin geslaag om meer as 65 000 vuurwapens uit sirkulasie te verwyder. Die vuurwapens sluit handwapens, gewere en haelgewere, vuurwapenonderdele en kombinasievuurwapens in. Al hierdie vuurwapens is skoongemaak nadat dit aan ballistiese toetse onderwerp is. Die meeste van hierdie vuurwapens is tydens die vuurwapen-amnestietydperk ingegee. ‘n Polisiewoordvoerder brigadier Athlenda […]

Read More

Amoomo sê invloedryke gay mans moet na vore tree

Die bekende regsman Kadhila Amoomo het sy stem bygevoeg by diegene wat geskok is dat die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, sê die meeste Namibiërs ondersteun die wet teen sodomie in die land. Mbandeka het stukke by die hof ingedien in ‘n saak waar die wet deur ‘n LGBT-aktivis uitgedaag word. Volgens Mbandeka ontken hy dat die blote bestaan van die sodomiewet die stigmatisering van gay mans bevorder. Indien hierdie […]

Read More

Beeldmateriaal van misdade moenie gedeel word nie

Kriminoloë in Suid-Afrika glo dis gevaarlik om opnames van gevaarlike misdaad wat op kringtelevisie vasgevang word, op sosiale media te versprei. Dit volg op die verpreiding van ʼn videosnit wat toon hoe die kletsrymer Kiernan Forbes, ook bekend as AKA, en sy vriend, Tebello “Tibz” Motsoane Vrydag buite die Wish-restaurant in Durban doodgeskiet is. Die kriminoloog, Kholofelo Rakubu, sê daar mag negatiewe gevolge wees wanneer sulke video’s versprei word, […]

Read More