Engen word Shell, aandele verkoop

Engen het aangekondig dat sy meerderheid aandeelhouer, Petronas, sy 74 persent belang in die maatskappy aan Vivo Energy verkoop het. Dit beteken effektief dat Engen plaaslik Shell word. In ‘n verklaring sê die maatskappy die verkoop van sy aandeel vorm deel van die internasionale Maleisiese olie-reus se deurlopende hersiening van sy belange en die ontginning […]

Read More

Daar’s net een opperhoof en dis professor Katjiua

Die Ovaherero-volk is weer verdeeld. Hoze Riruako, die bekende politieke ontleder en seun van oud-opperhoof Kuaima Riruako, is verlede naweek as opperhoof verkies terwyl professor Mutjinde Katjiua reeds in Julie verlede jaar as opperhoof verkies is. Katjiua het nog geen openbare kommentaar oor die aangeleentheid gelewer nie maar, sy stafhoof, Itamunua Meroro het aan Kosmos […]

Read More

Four Paws vies oor pandemieverdrag van WGO

Die dierewelsynsorganisasie, Four Paws, sê die nul-konsep van die pandemieverdrag wat die Wêreldgesondheidsorganisasie gepubliseer het, sal mense nie teen die volgende pandemie kan beskerm soos dit tans daaruit sien nie. Die organisasie meen die konsep doen nie genoeg ten opsigte van billikheid of om te verhoed dat patogene van diere na mense oorgedra word nie. Die woordvoerder van Four Paws, Elize Parker, […]

Read More

Visserye se kapitaalprojekte sloer, minister berispe personeel

Die Namibiese minister van visserye, Derek Klazen, is diep bekommerd oor die ministerie se lae uitvoeringskoers van kapitaalprojekte. Klazen het verskeie kapitaalprojekte besoek en hy sê implementering is uiters traag. Hy sê die doel van die projekte is om infrastruktuur te verskaf vir doeltreffende dienslewering aan landsburgers en hy het personeel gemaan om prosesse te versnel. Die ministerie se hoofkantoor is binne nog nie voltooi nie […]

Read More

Dwelms, drank bly steeds probleem op plase

Plaasarbeiders en dwelm- en drankmisbruik bly ‘n uitdaging in Namibiese landbou. Dit is ‘n wesenlike probleem veral met die werk wat arbeiders moet verrig. Volgens Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie duur die probleem voort maar, tot ‘n mindere mate en word volgens die heersende wetgewing aangespreek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. 

Read More

Nou is die tyd om in groen-energie te belê

Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei in Kaapstad, James Vos, sê daar was nog nooit ‘n belangriker tyd om werklik ‘n verbintenis aan te gaan om weg te beweeg van fossielbrandstowwe en na die reuse-energiegeleenthede wat hernubare energie bied, te draai nie. Hy het die opening van Solar Power Africa 2023 in die Moederstad toegespreek. Hy sê hoewel die […]

Read More

Antibiotika moet uit by landbou

Die jongste verslae dui aan dat oorbenutting van antibiotika in diere gelei het tot toenemende immuniteit teen antibiotika wat gevolglik tot antimikrobiese weerstand lei. Die misbruik van antibiotika kom algemeen voor in intensiewe diereboerdery, maar stel gemeenskappe en bioverskeidenheid in gevaar. Die toediening van antibiotika het die voorkoms van siektes op plase verminder, maar maak nie die patogene […]

Read More

Vonnis vir miljoene Covid-bedrog in SA verwelkom

Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het die vonnis van ‘n gewese werknemer vir bedrog met ‘n tender vir persoonlike beskermende toerusting verwelkom. Ayanda Matinise is tot tien jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van bedrog by die toeken van ‘n tender van 23,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir beskermende toerusting aan ‘n privaat maatskappy tydens Covid. Die […]

Read More

Voedseltekorte lei tot verskeie ander maatskaplike uitdagings

Namibië se voedselsekerheid bly in die nuus. Volgens die internasionale nie-regeringsorganisasie Acaps, is net meer as 750 000 mense uit ‘n beraamde bevolking van 2,6 miljoen mense, in nood. Byna 64 persent van die land se bevolking loop die risiko om malaria op te doen, veral met die uitgebreide bevolking in die Noorde. Die organisasie sê […]

Read More

Oos-Kaap gaan gebuk onder swaar reën

Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer sê rytoestande is in die meeste dele van die provinsie nie ideaal nie, aangesien die reënweer voortduur. Die paaie is nat en glad met swak sigbaarheid en dreigende rotsstortings omdat die grond in sommige dele deurweek kan wees. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, doen ‘n beroep op padgebruikers om […]

Read More