Withuis ontken dat hy ballonne het

Die Withuis het Beijing se beskuldiging ten sterkste ontken dat hy ballonne vir waarneming oor China se lugruim gestuur het. Dit volg nadat China se ministerie van Buitelandse Sake die VSA daarvan beskuldig het dat hulle sedert verlede jaar meer as tien keer sonder toestemming ballonne op ‘n hoë hoogte in sy lugruim gevlieg het. Amerika het die afgelope dae minstens vier ongeïdentifiseerde voorwerpe wat vermoedelik Chinese spioenasieballonne is, in die lugruim oor Noord- en Latyns-Amerika afgeskiet. Beijing sê die VSA se gereelde afvuur van gevorderde missiele om ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe af te skiet is ‘n oorreaksie en oormatige magsgebruik.