Weydeman gesels oor Troy se saak

Die siviele saak teen die Grootfontein-boer Willem Goosen nadat hy die die Belgiese Malinois Troy geskiet het, is voorlopig teruggetrek. Troy het oorleef maar een van sy voorbene moes geamputeer word. Goosen het in stukke wat by die hof ingedien is homself en sy familie beskryf as diereliefhebbers. Stefan Weydeman, ‘n mede-eienaar van Troy, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoekom die saak teruggetrek is.