SAPD ontvang 65 000 wapens tydens amnestie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het verlede jaar daarin geslaag om meer as 65 000 vuurwapens uit sirkulasie te verwyder. Die vuurwapens sluit handwapens, gewere en haelgewere, vuurwapenonderdele en kombinasievuurwapens in. Al hierdie vuurwapens is skoongemaak nadat dit aan ballistiese toetse onderwerp is. Die meeste van hierdie vuurwapens is tydens die vuurwapen-amnestietydperk ingegee. ‘n Polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe sê hulle het verlede week ook daarin geslaag om meer as 18 000 van hierdie vuurwapens te vernietig.