Kruger Wildtuin loop deur onder swaar reën

Die Kruger Wildtuin in Mpumalanga ervaar steeds swaar reënval. Dit het daartoe gelei dat sommige afgeleë kampe en grondpaaie ontoeganklik was. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê egter dat alle teerpaaie oop is. Besoekers aan die park word versoek om nie met die padsluitings te peuter nie. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê rampbestuur-spanne monitor ontwikkelings in die noorde van die park.