Brasilië-vloede raak sojaboonproduksie

Die swaar reën in Rio Grande do Sul in Brasilië het lewens geëis en groot skade op die landbouvelde aangerig. Volgens die hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer  van Landbousake Wandile Silhobo is daar kommer oor sojaboonproduskie. Hy sê die produksie in daardie streek van die land wat nog nie geoes is nie, word op 5 tot 6 miljoen ton geraam. Daarvan beraam owerhede het tussen 1 en 1,9 miljoen ton bone óf ‘n aansienlike verlaging van kwaliteit of volledige verlies gely het. Dit wil nie sê dat daar tekorte sal wees nie maar, daar behoort ‘n prysimpak te wees. Swaar reën wat Brasilië se mees suidelike deelstaat getref het, het 39 mense doodgemaak en die dodetal sal na verwagting styg.