Beeldmateriaal van misdade moenie gedeel word nie

Kriminoloë in Suid-Afrika glo dis gevaarlik om opnames van gevaarlike misdaad wat op kringtelevisie vasgevang word, op sosiale media te versprei. Dit volg op die verpreiding van ʼn videosnit wat toon hoe die kletsrymer Kiernan Forbes, ook bekend as AKA, en sy vriend, Tebello “Tibz” Motsoane Vrydag buite die Wish-restaurant in Durban doodgeskiet is. Die kriminoloog, Kholofelo Rakubu, sê daar mag negatiewe gevolge wees wanneer sulke video’s versprei word, insluitende veroordeling en bespiegeling: