54ste massaskietery in VSA

Minstens drie mense is dood en vyf ander beseer in ‘n skietvoorval op twee persele by die Michigan-staatsuniversiteit. Volgens die polisie het die gewapende man na die akademiese gebou, Berkey-saal, geskiet waar twee mense dood is. Hy het daarna na ‘n atletiekfasiliteit gegaan waar een persoon doodgeskiet is. Die universiteit se tussentydse adjunkhoof van openbare veiligheid, Chris Rozman, sê die verdagte het homself daarna om die lewe gebring. Hy sê hulle probeer nog om die verdagte se identiteit en ‘n moontlike motief vas te stel.